101 Meade Street Restaurant      360˚ Mobile Salon      6 Root Sense      @Home      A LA MARTHAS AIR-PORT GUESTHOUSE      A Pet's Life      ABSA Insurance      ABSA idirect      AON      Altech Autopage      Amazon UK      Asher Properties      At Work Resources      Australian Embassy      Avis      Avis Van Rental      BMW      Baby City      Bed Centre      Big Boy Scooters       Braaishop      Braaishop.com      CQ Consulting      Camelot SPA      Canal Walk      Capilis Asset Managers      Cell C      Christy's Catch      City of Tswhane      Clarendon Transport Underwriting Managers      Coffee.co.za      Collivery      Commercial & Industrial Acceptances      Coverall Insurance      Covergard      CrisisOnCall       Cultiv8 Cafe      DEUTZ DIESELPOWER      DOPPIO ZERO       DSA Healthcare and Insurance Brokers      DSTV      Decofurn      Department of Home Affairs      Dischem      Edgars      Ekurhuleni Metropolitan Municipality      Entin Insurance Brokers      Europ Assistance South Africa      FNB      Fabric Library       Fastway Couriers      Faxsure Solutions      Fineline Architectural Designs      Firedart      FlySafair      Fun With Soap      GIBS Campus - Illovo      Garagesure      Golden Leopard Resorts      Grabouw Motordienste      Greyhound Bus      HW Brokers (Pty) Limited      Harvey World Travel      Heartbeat: Centre for Community Development      Hi-Q Comaro Crossing       HiHelen       Hollywood Costumes       HospiceWits      Hyundai South Africa      Indwe Risk Services and Brolink Underwriting      Innovation Wealth       InsideMan      Italian Lifestyle      J-One      Johannesburg Road Agency      Johannesburg Water      Jonway      Key West Brokers      Khulisa Social Solutions      Kia      Koster Boeredienste      LAWN-PRO      LG - Customer Care Centre      Land Rover      Landmark Underwriting Agency      Licencing and testing Department      License Department      Lido Hotel      Life Healthcare      Lowveld Hospital      Luggage Warehouse      MUA Insurance Acceptances      MWEB Connect      Manageall(Pty)Ltd      Massinga Beach Lodge, Mozambique      Mercedes-Benz      Montagu Country Hotel      MooiMed Private Hospital       Mr Price      Mugg and Bean      NHC Dr Hein van Wyk      NORTH CAPE BROKERS / NOORD KAAP MAKELAARS & MUTUAL AND FEDERAL INSURANCE COMPANY      Nedbank      Neils Wheels      Oakhurst Hotel      Ocean Basket Cradle Stone      Old Mutual      One Call Insurance Brokers      Partners for Possibility      PayPal      Perfect Delivery      Phonefinder      PicknPay       Pinny Industries      Plus Plan Administrators      Probrand Solutions      Queenspark      Quicksure      Rainbow Readymix      Rebirth Repairs      Remax      Ripple Reading      Road Protect      SA Post Office      SAARP      SAPD      Sage Pastel      Santam      Satellite Saints      South African Police Service      Stratitude      Sun City Resort Vacation Club      Sunset Plumbing      Supa Quick      THE SPECIALIST PLUMBER      Takealot.com      Telkom      The Courier Guy      The Lighting Warehouse      The Winston       Timbercity      Toyota      Turkish Airlines South Africa      Tyres and More      UIF      Varsity College      Westwood Insurance Brokers      Wimpy      Wits       Woodstock Grill & Tap      Xtreme Computers      Zurich Insurance Company      ePromo      iWYZE / Nthabiseng Skhosana      

Search for a Company



Showcase Pages

View companies applauded.

Applauded

CrisisOnCall
Ongelooflike diens!  2017-08-18 - Posted by Marthina Venter

Goeiemore Mnr Vermaak Op 1 Augustus het ek van Shelly Beach af op gery Pretoria toe en het Deon my elke uur gemonitor. Ek was alleen in die motor en hy het seker gemaak elke keer as hy met my gepraat het dat ek nog veilig is en seker gemaak dat alles met my voertuig en verkeer in order is en dat ek nie moeg is nie. Dit was en is baie gerusstellend as mens so kan ry met iemand wat jou so professioneel, vriendelik en rustig moniteer. Ongeveer 500m na Waterkloof Hoërskool by Pretoria en ongeveer 30 minute van my eindbestemming het my motor se linker voorwiel gebars. Ek het weer CrisisOnCall gebel en weereens was dit Deon wat geantwoord het en my gerus gestel het dat iemand spoedig my sal kom help. Hy het kort-kort opgevolg of die noodwa al daar is en of alles met my in orde is. Nadat die band omgeruil is het hy my elke 10 min gekontak om te hoor of alles nog reg is totdat ek veilig gearriveer het by my dogter hulle in Pretoria. Hy is voorwaar ‘n ster en aanwins vir CrisisOnCall! Ek ry nogal baie ver ente alleen en my familie is net baie dankbaar dat ek aan CrisisOncall behoort en ek myself voel baie veiliger om te weet daar is iemand daar buite wat na my welstand omsien elke uur. Deon het ‘n professionaliteit en kalmte in sy stem want mens net onmiddellik gerus stel. Ek hoop hy kry die nodige erkenning vir die gerusstelling wat hy nie net aan my nie maar ook aan die duisende ander lede verskaf nie. Op 12 Augustus moes ek dringend terugkeer na Durban toe my seun opgeneem is met ‘n aneurisme op sy brein in St Augustine’s Hospitaal. My metgesel op hierdie angsvolle rit was Rita. Ai, ek en Rita het al die land deurkruis met haar as die persoon wat my monitor en weereens ‘n deeglike, professionale, vriendelike en rustige mens om jou te monitor. Toe sy hoor van my seun wou sy hoor of sy my nie elke 30 minute in plaas van elke uur moet kontak nie om seker te maak of alles nog reg is nie. So het sy met my die angsvolle rit meegemaak en elke uur gekontak tot ek die hospitaal bereik het en toe sy my die laaste keer kontak het sy my gegroet me woorde van bemoediging en spoedige beterskap wense vir my seun. Sy is’n ster wat baie helder skyn vir CrisisOnCall en wat alle krediet moet kry vir haar gerusstelling en monitoring van lede. Ek wil ook net aan CrisisOnCall sê dankie vir die ongelooflike diens wat hulle lewer en die diensverskaffers wat hulle gebruik wat ook net sulke puik diens lewer. Ek maak baie gebruik van reismonitering en dit maak my ook sommer baie veiliger voel. Ek wens julle alles van die beste vorentoe en baie seën op die ongelooflike diens wat julle verskaf. Groete Marthina Venter

View this company’s showcase and connect.
CrisisOnCall
Dankbaar vir CrisisOnCall  2017-08-16 - Posted by Kim Beukes

Dra asseblief my dankbaarheid aan Deon van die oproepsentrum. Ek moes gister vir die eerste keer gebruik maak van julle diens (na ons hoeveel jare aan CRISIS ON CALL behoort). Deon het die oproep hanteer, en dit was soooo aangenaam om met hom te praat – sy kalm manier het ‘n positiewe effek, en ‘n mens wil sommer weer bel net vir ‘n lekker geselsie. Hy het gereël dat ek die nodige hulp kry en ook weer geskakel om te hoor of sake in orde is. Ook wil ek dankie sê vir Erik/Eric van Europ Assistance vir sy vriendelikheid en hulp….selfs nadat hy vir ‘n 2de keer moes kom hand by sit. Hy het opgedaag in ‘n baaaie korter tyd as wat ek gesê is hy sal arriver. Ek waardeer ook sy raad. Mag julle goeie werk en positiewe houding geseënd wees – dis verblydend in hierdie moeilike tye. Jesus seen

View this company’s showcase and connect.
CrisisOnCall
Totaal oorstelp van vreugde en dankbaarheid  2017-08-02 - Posted by Aniki van der Zandt

Goeiedag, Ek wil net my absolute opgenomenheid uitspreek met Crisis on Call se dienste. My voertuig het onklaar geraak langs die snelweg Saterdagmiddag met my dogter en 2 kleindogters saam met my. My dogter het my skoonseun gebel om ons te kom help. Ek het die CoC bandjie om my arm maar het nooit daaraan gedink om hulle te kontak nie. Die raserige verkeer teen die besige snelweg het my so verbouereer dat ek nie reguit kon dink nie. Boonop is mens heeltyd bang ‘n onverskillige bestuurder ry in mens vas op die kant van die pad. ‘n Sleepvoertuig het my motor huistoe gesleep waarvoor ek R850 moes opdok. Terug by die huis toe alles kalmer is, moes ek plan maak om die motor die Maandag by die werkswinkel te kry. Dis toe dit my byval om navraag te doen by Crisis on Call om te hoor of hulle nie moontlik kan help nie. Binne ‘n paar minute is nie slegs my epos beantwoord nie, maar het ‘n dame my geskakel om besonderhede te kry. Ek was nog besig om dankbaar en beindruk te voel oor die vinnige diens, toe ek verneem die insleep voertuig is al op pad om my motor te kom haal. Dit was nie hoe lank nie, toe skakel die insleepvoertuig bestuurder my van my woning om te sê hy staan voor die deur. Binne ‘n japtrap het die bestuurder op professionele wyse my gevra om persoonlike besittings uit die voertuig te kry en het hy seker gemaak die spaarwiel ens. Is daar en gelys en die motor op die vervoertrok gelaai. Na my gesukkel op my eie van die vorige Saterdag-middag was ek totaal oorstelp van vreugde en dankbaarheid. Voorwaar, ek kan en sal Crisis on Call met die allergrootste vrymoedigheid aanbeveel vir elkeen wat ek ontmoet. Veral vir enkel-vroue wat nie altyd iemand het om hulle by te staan nie. CoC is TOPS!! Ek is so dankbaar vir julle. Groete Aniki van der Zandt Midrand

View this company’s showcase and connect.
CrisisOnCall
Goeie diens  2017-07-21 - Posted by Genisse

Ons wil weereens net dankie se aan die span. Vir die goeie diens,altyd daar, altyd vriendelik. Weet dat ons jul opreg waardeer en jul naam uitdra, as iemand vra "watse bandjie is aan jou arm"? Kan ons met trots se dis Crisis on Call en vertel hoe dit werk. Dankie. Groete

View this company’s showcase and connect.
CrisisOnCall
CrisisOnCall altyd professioneel  2017-07-13 - Posted by Etresia Vd Westhuizen

Ek het vandag my nuwe CrisisOnCall bandjie gaan haal. Nou voel ek weer veilig want ek het my bandjie aan wat vir my sal praat as ek nie kan nie! Ek weet nie hoe kan 'n mens sonder CrisisOnCall deur die lewe gaan nie. Verlede Vrydagaand het ek op die besige N1 gaan staan met motorprobleme. Ek het een oproep na CrisisOnCall gemaak en hulle het twee vriendelike mense gestuur om my motor te kom oplaai en ons veilig Nylstroom toe te neem. Hulle het selfs teruggeskakel totdat hulle tevrede was dat ek veilig by die huis is. Elke Maandagoggend skakel hulle my elke 30min vanaf 5:30 om seker te maak dat ek veilig op die pad is tot in Pretoria. Dankie aan al die vriendelike mense van COC! - Etresia Vd Westhuizen

View this company’s showcase and connect.
CrisisOnCall
CrisisOnCall se bandjie praat  2017-07-10 - Posted by Elize Steenkamp

Vrydag 5 Mei 2017, ongeveer 17:20 was my man Johan in ʼn kop-aan-kop botsing betrokke op die Moloto pad buite Pretoria. Hy het ernstige borskas en heupbeserings opgedoen. Johan het my geskakel en ek kon hoor hy het baie pyn. Ek was geskok en het die CrisisOnCall noodnommer gebel. Die naaste ambulansdiens is uitgestuur. Op die toneel is die paramedikus vinnig deur CrisisOnCall van al my man se mediese inligting voorsien. Johan se CrisisOnCall bandjie het die verskil gemaak. Die paramedikus kon sy behandeling daarvolgens aanpas. Hanlie, by die oproepsentrum het met my kontak gehou en ingelig wat op die toneel gebeur. Ek kon met ʼn vriend reël om na die toneel te gaan en al Johan se gereedskap in veilige bewaring te neem. Paramedici het in die hospitaal wat geweet het hy kom, by hom gebly totdat die dokter oorgeneem het Vandag is ek baie bly ons het aangesluit. Sonder lidmaatskap kon die botsing my man se lewe gekos het! – Elize Steenkamp

View this company’s showcase and connect.
CrisisOnCall
Wanneer die onvoorsiene gebeur!  2017-07-07 - Posted by Istine van Wyk

Ons het 1 Junie na die Eiland toe gery en Deon van CrisisOnCall het ons reismonitering gegee. 'n Tarentaal het in ons venster vasgevlieg en die ruit gebreek. Toe hy ons weer skakel het ons hom van ons probleem vertel en hulp gevra. Hy het vir ons die nommers van glas-werke in Marble Hall en Phalaborwa per sms gestuur en seker drie minute later geskakel om seker te maak dat ons wel die nommers gekry het. Met ons aankoms het die mense daar reeds van ons geweet. Ons is toe in Phalaborwa gehelp. Deon het weer met ons bevestig of ons gehelp is. Baie dankie aan Deon se flinke diens. Hy het ons weer na die einde van ons vakansie terug bygestaan! Opregte dank aan CrisisOnCall. – Istine van Wyk

View this company’s showcase and connect.
CrisisOnCall
Skok eindig in vreugde  2017-07-07 - Posted by Anita Coetzee

Ons het op Saterdagaand 13 Maart terug gekeer van ‘n rugby wedstryd op Loftus Versveld. Ons het afgekom in Nelson Mandela-Rylaan. ‘n Voertuig het teen ‘n hoëspoed van Schoemanstraat gekom. My man Ben het rem getrap toe hy die voertuig op ons sien afpeil. Ons voertuig het effens gegly en toe tref die ander voertuig ons. Ek was in geweldige skok en het onlangs ʼn hartoperasie gehad. Ek het onmiddellik gevoel dat ek nie asem kry nie. ‘n Ambulans was vinnig op die toneel. Die paramedici het mediese inligting van my gesoek. (Nie ek of my man het ons mediese fonds kaart by ons gehad nie.) Ons het wel ons CrisisOnCall bandjies gedra wat 100% gehelp het. Paramedici het CrisisOnCall geskakel en alles by hulle gekry wat nodig was. Selfs die hospitaal het alles vooraf gekry. Baie dankie aan CrisisOnCall vir julle ondersteuning en goeie diens. Op daardie stadium was ons net meer as ‘n maand lid van CrisisOnCall.” - Anita Coetzee (Hartbeespoort)

View this company’s showcase and connect.
CrisisOnCall
CrisisOnCall maak ons wittebrood beter!  2017-07-06 - Posted by Alecia Adendorff

Ek en my man het die 25 Oktober vanaf Pretoria vertrek na Durban op ons wittebrood. Hulle het elke uur op die uur ons geskakel om seker te maak als verloop goed. Ons was veronderstel om al 5uur by ons bestemming op te daag, maar het verdwaal, hulle het iemand gekry om ons te skakel en het op die lyn met my gebly tot ons gekom het waar ons moes wees. Die mense was baie behulpsaam en vriendelik en geduldig. Saterdag 31 Oktober op ons pad terug het ons motor gebreek. Ek is nou 10 weke swanger. Hulle het binne ‘n uur ‘n sleeptrok by ons gehad so 20 km uit PMB uit. Daar het die sleepdienste ons gehelp om ons kar reg te maak. Oppad het ons gesien die kar is nog steeds nie reg nie en CrisisOnCall het weereens ‘n insleepdiens gereël om ons na ‘n plek te vat om vir die aand oor te bly. Die “bed & breakfast” waar ons gebly het was baie smaakvol en veilig. Ons is opreg dankbaar vir CrisisOnCall as dit nie vir julle was nie, het ons seker nou nog langs die pad gestaan. Ons kan net nie genoeg dankie sê vir julle nie. Weet net dat ons vir almal wat ons ken julle goeie werk sal getuig en seker maak julle naam bly hoog. DANKIE WEEREENS” - Alecia Adendorff

View this company’s showcase and connect.
CrisisOnCall
Vakansie chaos  2017-07-06 - Posted by Elmien van der Merwe

Graag wil ek en my man, M W van der Merwe CrisisOnCall bedank vir die professionele en puik diens wat ons ontvang het op 3 Mei. Ons was met vakansie in die Oos-Kaap by Morgans Bay. Ons het die dag deurgebring by Kei Mond, en op pad terug het my man van ‘n bewegende voertuig afgeval en onder die voertuig beland. Die voertuig het halfpad bo-oor hom gery. Ek het vreeslik groot geskrik, want hy het as gevolg van ‘n kopwond baie gebloei. Hy kon ook nie asem kry nie. Ek het dadelik CrisisOnCall geskakel. Jackie van die mediese afdeling het my baie mooi bygestaan. Sy het dadelik gereël met ʼn ambulans in Oos-Londen om my man te kom haal. Hulle was vinnig by ons. Jackie het my heeltyd op hoogte gehou oor die ligging van die ambulans. CrisisOnCall het my telefonies gehelp om hom reg te hanteer. Sy het my gereeld teruggeskakel om te hoor wat my man se toestand is en raad gegee hoe ek die situasie moet hanteer en my probeer kalm hou. Sy het met my in kontak gebly totdat die ambulans daar aangekom het waar hulle oorgeneem het. Ons is per ambulans na die St Dominique’s Hospitaal in Oos-Londen. My man het veelvuldige breuke opgedoen; onder andere sy skouerbladbeen, 2 ribbes, sy heup is gekraak en sy bekken is op drie plekke gebreek. Hulle diens is uitstekend en is altyd daar as ʼn mens julle nodig het. – Elmien van der Merwe

View this company’s showcase and connect.


Be in the know follow us on Twitter